Hou Afrikaners van oefen?

Het jy al ooit gewonder of Afrikaners werklik daarvan hou om te oefen? Voor jy hierdie blog post lees kan ek jou nou al waarsku dit mag dalk nêrens eindig. Soms is dit net lekker om te skryf wat op jou gedagtes is en hierdie blog post is definitief een van daardie kere.

Soos ek sit en brainstorm het vir idees op YouTube vind ek ‘n lekker ligte en grapperige video oor ‘n Afrikaanse ou wat lekker oefen in die gym. Hy noem homself “Squeeze en Spice” en die video kon nou eintlik nie op ‘n beter tyd gekom het nie. Dis eintlik heel “entertaining” (ek is baie sleg met my woordeskat vandag). Ek kan nogals sien hoe hierdie persoon heelwat bekend kan raak in Suid-Afrika…

Kyk ‘n bietjie waarvan ek praat:

Nou nie dat dit my oorspronklike vraag regtig beantwoord nie, maar ek glo wel meer mense oefen en probeer om gesond te leef in 2016 as die vroë 90s. Dis asof daar ‘n heeltemal nuwe groep mense ontwikkel het – diegene wat super erg gefokus is op gesond leef, net organic eet, smoothies drink, alles moet “grass-fed” wees en jy moet behoort aan ‘n gym, of nog beter “Cross-fit” doen.

Ek weet nou nie juis hoeveel van daardie mense Afrikaans is nie…

Wat dink jy? Hou Afrikaners daarvan om te oefen of is oefening en gesond leef nie so belangrik vir die normale Afrikaner nie?

Wie is Linda Kriel en wat kan sy jou aanbied

Ek was verbaas om te sien dat ‘n plaaslike kenner met die naam van Linda Kriel so bekend was op die internet. Sy het tans meer as 40 duisend likes op Facebook, wat vir iemand wat ‘n Afrikaanse webwerf het nogals baie is. Wat doen Linda presies? Wag, moet eerder nie vra hoe ek op haar webwerf afgekom het nie maar dit lyk of sy een of ander dieet program het wat sy aanbied in Afrikaans.

Kiek na haar webwerf hier: http://www.lindakriel.co.za

Sy bied aan ‘n kombinasie van dieet, oefen programme en wenke aan hoe ‘n persoon in shape kan kom. Dit lyk ook asof haar webwerf so opgestel is in ‘n lidmaatskap fase waar mens ‘n sekere aantal geld per maand betaal om toegang te kry tot haar inligting.

Ek het geen idee hou oud Linda is nie, maar sy lyk of sy baie gesond is en haar lyf lyk wonderlik! Sy bied aan ‘n DVD met die naam Verbrand vet vinnig met Linda Kriel, sowel as ‘n Kry dai lyf DVD en boek. Indien iemand reeds deel is van haar webwerf sal ek graag wil meer hoor oor hoe effektief die program is wat sy aanbied.

Verdere ondersoek toon dat Linda haar eie program op Kyknet het. Hiers ‘n link na Kyknet en ‘n video van haar waar sy haar oefeninge wys.

Kyknet: http://kyknet.dstv.com/category/programme/kry-daai-lyf

Save

Maklike oefening vir by die huis

Ek dink ek het nou meer as genoeg gepraat van dieet vir nou. Dis nou tyd om meer te praat van spier bou en wat ek dink van die maklikste, eenvoudigste en goedkoopte maniere is om spiere te bou in vandag se besige leefstyl.

Ek was lank deel gewees van ‘n gym tot dat die lewe te besig geraak het en te duur. Ek het toe besluit dat ek slegs vanaf my huis sal begin oefen en dit was een die beste besluite wat ek steeds gemaak het. Voordele sluit in om baie tyd in verkeer en geld te spaar. Gym lidmaatskap kan deesdae duisende kos per jaar en wat nog van al die petrol geld.

Indien jy ‘n man is koop vir jou ‘n op trek bar (“pull up bar”) en begin optrekke doen. Ander oefeninge wat jy ook kan probeer sluit in push ups, maag oefeninge (daar is so baie), sprints, draf, fiets ry en vele meer. Glo my jy kan fiks bly en spiere bou deur nie gym toe te gaan nie.

Kyk ‘n bietjie hoe doen hierdie ouens dit:

Goeie vette en slegte vette

Bestaan daar regtig iets soos goeie vet of is alle vet sleg vir jou? Nadat ek weereens ‘n artikel geskryf het oor banting het ek begin wonder oor hierdie dilemma. Ek het reeds ‘n idee gehad oor goeie vette maar was nie seker daaroor nie so toe besluit ek om verdere ondersoek in te stel. Ek einding toe op by “Good fats and bad fats explained” ‘n artikel van nutrition.org.uk. Hierdie website het letterlik duisende artikels oor amper enige gesondheids ding wat jy kan dink aan en het ‘n paar goeie antwoorde gegee waarvoor ek reeds gesoek het.

Hierdie video behoort ook meer inligting te verskaf:

Volgends die kenners van Nutrition.org.uk is vet ‘n baie goeie bron van energie en bestaan uit ‘n paar soorte soos: “saturated” en “monosaturated” vette. Op die laagste wetenskaplike vlak beteken dit dat te veel van hierdie vetterige kosse, veral indien jy nie al die energie wat dit verskaf gebruik nie, kan lei to vet wat gestoor word in jou liggaam. Met ander woorde jy kan vet raak.

Om ‘n vreeslike lang artikel kort te knip (indien jy meer vir leer van vette kyk na die link heel bo) moet jy “saturated” vette probeer uitsny or verminder en “monosaturated” vette meer eet. Gesonde vette sluit in goed soos lae vet melk, olyf olie, omega 3 vette, neute ens.

Werk ‘n sop dieet regtig?

Ek het onlangs afgekom op weesgesond.co.za terwyl ek gesoek het vir ander websites wat soos ek in Afrikaans blog oor gesondheid. Daar is nie veel nie, maar hierdie een wat ek gevind het praat van ‘n paar dieete waarvan ek nog self nie gehoor het nie. Hulle verwys veral na ‘n sop dieet asook koolsop en dog dit sou goed wees om verdere ondersoek in te stel en uit te vind of dit regtig werk of nie. Ek gaan nou nie self die sop dieet probeer nie, maar ek is seker daar is reeds ander mense wat dit probeer het. Dalk kan ek meer uitvind oor wat hulle ervaring was en of sop eet mens kan help gewig verloor.

Soos enige dieet op die internet of wat beskikbaar is in die wêreld kry jy jou positiewe kant en negatiewe kant. Die sop dieet wat jy hier kan vind weesgesond.co.za/sop-dieet-plan is dalk nie 100% dieselfde as waarvan gepraat in die artikel wat ek as bron gebruik hier nie maar baie van die konsepte bly dieselfde.

Healthyfoodguide.com.au het ‘n redelike negatiewe uitkyk oor sop dieete oor die algemeen. Hulle noem dat dit ‘n tipiese “fad” dieet is wat al sedert die vroeg 1980’s al bekend gemaak was aan die publiek. Soos baie van die dieete beskikbaar was dit bekend gemaak deur een of ander televisie program of koerantberig en het weer gesig begin wys om en by 2007. Snaaks genoeg, volgens die ouens wat hierdie berug geskryf het, kan jy daardie spesifiek koolsop resep wat in 1980’s bekend gemaak is steed aflaai vandag.

Talle sop dieete below belaglike vinnige resultate soos om tot en met 6kg per week te verloor – ek dink persoonlik hierdie ouens oordryf ‘n bietjie maar dis wat hulle sê in hulle artikel. Blykbaar is baie van die gewig wat jy verloor eintlik water en kan jy dit dan vinnig optel. Dit beteken dis nie regtig ‘n lang termyn oplossing nie. Healthyfoodguide.com praat ook van slefte nadele soos maagwerkings en net eenvoudig gatvol raak vir sop. Die spesifieke dieet mag ook dalk nie al die voedingswaarde verskaf wat ‘n mense nodig nie en so ‘n sop dieet kan veral nie goed wees vir iemand wat lei aan diabetes of selfs ‘n vrou wat swanger is nie.

Alhoewel hierdie mense ‘n paar goeie punte beut het moet jy ook ingedagte hou dat die sop dieet waarvan naam verwys glad nie so mal is soos hier van gepraat nie. Ek stem 100% dat as jy slegs sop begin eet elke dag gaan dinge nie so goed gaan nie en dan sal die koolsop ding dalk nie so goed help nie. Maar die spesifieke sop dieet wat ek ontdek het praat van net 1 keer per dag sop eet en die resepte word ook darem uitgedink deur ‘n dieetkundige.

Snaaks genoeg die ouens van “healhty food guide” eindig hulle artikel deur te praat van hoe ‘n sop ingesluit in jou dieet glad nie so ‘n slegte ding is nie en dat ‘n groente soppie vol goeie vitamines en minerale is. Soos altyd is daar twee kante aan ‘n saak en met alles in die lewe, indien jy dit oordoen sal jy sekerlik okay wees.

Wees Gesond het wel ‘n lekker koolsop dieet wat jy af kan laai verniet: weesgesond.co.za/sop-dieet-plan/kool

Interessante reels van ‘n banting dieet

Ongelukkig is dieet nie altyd ‘n maklike proses nie, want saam met amper enige dieet kom daar talle reels wat jy moet volg. In my vorige artikel oor Tim Noakes se banting dieet het ek vir jou meer inligting gegee oor die dieet en hoe presies dit werk. Vandag se blog post gaan oor ‘n klompie reels wat saamgaan met daardie dieet. Ek was besig om te lees op die boek se website Realmealrevolution.com en vind toe ‘n artikel oor 10 reels wat jy as banting dieet gebruiker moet volg. Jy kan al sy reels vir die perfekte banting dieet sien by “The 10 commandments of a banting diet”.

Op hierdie oomblik volg ek self ‘n kombinasie van hoë protien, melk en ander natuurlike produkte dieet en oorskry al reeds helfte van die reels uitgesit in Tim Noakes se banting dieet. Van die reels wat hy lys is juis om jou protein, vrugte en melk inname te beperk. Hoe leef mens sonder daardie drie kos soorte? Okay so hy sê ook nou nie dat jy dit heeltemal moet los nie, net dat jy nie meer as 80-90g vleis moet ees saam ‘n maaltyd nie. Dit lyk nie of vrugte juis toegelaat word in die dieet nie meer mense mag blykbaar neute eet.

Noakes waarsku wel dat ‘n oorname in neute kan lei tot gewig optel – iets wat ek heeltemal kan verstaan en sodoende raai hy aan dat jy slegs beperkte hoeveelhede daarvan eet en ook net sekere soorte.

Ek moet sê hoe meer ek lees van hierdie banting dieet hoe meer interessant raak dit. Dis nogals nie ‘n dieet wat iemand agter op ‘n stukkie papier geskryf het en vinnig uitgedink het nie. Meesde van die reel wat toegepas moet word het goeie redes daaragter. Wat dink jy van hierdie dieet?

Wat is die banting dieet?

Wie kon ooit gedink het dat ‘n Suid-Afrikaner deel kon wees van ‘n wêreld wyd dieet trend. As jy gereeld die nuus lees en op datum bly my die “fitness” industrie behoort jy al gehoor het van professor Tim Noakes en sy boek “Real meal revolution”. Die spesifieke dieet waaroor sy boek gaan is onderandere die banting dieet. Ek is nou nie seker of Tim Noakes die dieet self uitgedink het nie maar ek weet hy het al verkeie televisie en radio blootstelling ontvang vir hierdie dieet en sy boek. Kyk ‘n bietjie na hierdie video waar Suzell DIY saam met professor Tim Noakes vir jou wys hoe om ‘n pizza to maak van bloom kool meel.

Moet nie bekommer nie, jy is nie besig om mal te raak nie. Ek het gesê bloom kool meel – jy hoef nie twee keer te lees nie. Dit is juis waaroor die hele banting dieet gaan: gebruik lae koolhidraat kosse en kombineer die met hoë vet produkte. Volgens Goodhouskeeping.co.za is die hele konsep agter hierdie dieet dat dit jou liggaam forseer om vanaf verbranding van koolhidrate te gaan na verbranding van vet.

tim noakes banting dieetSommige mense is onder die indruk dat die banting dieet net eintlik nog ‘n hoë protien dieet is, maar eintlik gaan dit meer oor ‘n kombinasie van vetterige produkte, lae koolhidrate en gemiddelde gebruik van protiene. Let wel wanneer Tim Noakes verwys na ‘n hoë vet dieet praat hy nie van al die slegte vette wat bestaan nie or dinge wat hoog in suiker is nie. Mens kry tog vetterige kosse wat goeie vette bevat…

Hierdie dieet het baie erkenning ontvang, seker omdat dit deur ‘n Suid-Afrikaner gewild gemaak is en ook dat mense werklik resultate kry. Alhoewel dit waar mag wees is ek net nie seker wat al daardie vette aan ‘n mens se liggaam sal doen nie. Ek dink die banting dieet kan werk maar omdat almal se liggaams tipe nie dieselfde is nie mag dit dalk nie vir almal werk nie. Iemand wat dalk hoë kolestrol vlakke het sal dalk met my saamstem hieroor.

Indien jy steeds nuuskierig is om wat Tim Noakes te sê het kliek om die link hieronder om meer uit te vind oor sy boek:

http://www.takealot.com/the-real-meal-revolution-tim-noakes/PLID28593153

Save